gallery/img-20191025-wa0000 (3)

082 622 8600

waterwielbakhuis@gmail.com

gallery/img-20191025-wa0000 (2)

ons storie

 

 

 

In die warm hart van die Karoo is Beaufort Wes.Die Karoo is bekend vir sy mense wat na aan die aarde lewe. Hitte, droogte en swaarkry gee aan sy mense hulle unieke karakter.

Meer gasvrye, opregte mense kan jy nie kry nie. Hier word vreemdelinge gou familie.

Die Karoo-mense se karakter word ook in die Karoo se kos en gebak weerspieel.Eenvoud en eerlikheid is deel van ons kos. Die smaak is aards en heilsaam, die produkte kom uit die Karoo. Karoo-lam word in die veld groot, hoenders loop vry rond en groente kom uit die tuin.

By Waterwiel Bakhuis gebruik ons resepte wat geslagte lank in die Karoo voortbestaan.

 Ons metodes verskil ook nie veel van die wat ons ouma-grootjies gebruik het om ons te bederf nie.Moderne tegnologie ken ons nie, ons doen alles maar op die moeilike manier. Dit verseker outentieke Karoo-hartlikheid in alles wat ons aanbied.

Hier by ons is die sitplek sommer langs die straat soos 'n Europese straatkafee. Dit bied ons besoekers die geleentheid om ietsie van die Karoolewe te ervaar. Die gulhartigheid van ons mense,die eerlikheid van ons kos en die intensiteit van ons Karooweer maak dit 'n lankonthou ervaring. Die warm bekendheid van 'n Karoo-ouma se bederfkos sal jou na ons laat terugkom, weer en weer.

Onthou net om plek in die kar te laat, anders sal jy spyt wees dat jy nie van ons koekies, beskuit of koeksisters kon saamneem nie. 

Ons is elke dag hier om jou te bederf, van 06:00 tot21:00 

ONS KOS

 

 

gallery/20190616_144137
gallery/20191027_155549 (2)
gallery/20191108_111004
gallery/20191027_155629 (2)
gallery/20191027_155712 (2)
gallery/20191027_155700 (2)
gallery/012
gallery/20191027_155537 (2)
gallery/20190616_144423
gallery/single_bokeh_ppp_temp
gallery/20191026_190758

Contact us

BEAUFORT WES, HOOFWEG

082 622 89600
waterwielbakhuis@gmail.com


 

Address:
Phone:
E-mail:
Skype:

Name  
E-mail  
Subject  
Message  

Contact us

Find us